Home

 

By afsterwe van ‘n geliefde wil u nie ook nog besig wees met al die reelings wat onverwags getref moet word nie, nee u wil eerder fokus op u eie hartseer en rou.

Tog is mens baie onseker oor wat nou gedoen moet word en die vraag is altyd WAT NOU, WIE KONTAK EK?

Eternal Funeral Directors bied in samewerking met die Kerk-organisasie Lewende Woord die eerste en enigste omvattende begrafnisdiens aan in Suid-Afrika

SKAKEL ONS ONMIDDELIK en ons sal ‘n reelingskomitee voorsien wat u behulpsaam gaan wees met al die volgende reelings:

  • Uitkenning by plek van afsterwe
  • Verwydering van u geliefde se oorskot
  • Mediese sertifisering en registrasie van dood
  • Berging, voorbereiding en bekisting van u geliefde se oorskot, insl. die aankoop van ‘n kis uit ons wye reeks van top gehalte kiste
  • Alle kerk-reelings, insl. die gedenkdiens en lokaal, blomme, leraar, dekor en verversings
  • Alle graf-reelings, insl. betaling, opmaak van graf (nuut en bestaande) en die ter aardebestelling van u geliefde se oorskot
  • Ons doen ook verassings en sal eersdaags oor ons eie gedenkmuur op die kerkterrein beskik

Ons beskik ook oor ‘n span opgeleide beraders wat u  behulpsaam kan wees in u tyd van rou sowel as die herstelperiode daarna. Ook kinder-berading.

VIR TOTALE GEMOEDSRUS SKAKEL ONS EERSTE – ONS IS DIE ENIGSTE BEGRAFNISONDERNEMER  WAT U BENODIG

Begrafnispakkette

Ons Dienste

 

Eternal Funeral Directors bied in samewerking met die Kerk-organisasie Lewende Woord die eerste en enigste omvattende begrafnisdiens aan in Suid-Afrika